Man sterf ná amputasie

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man is Dinsdagmiddag dood in ʼn ongeluk op die R501, ongeveer 20 km buite Potchefstroom in Noordwes.

“ʼn Vragmotor en ʼn bakkie was in die ongeluk betrokke,” het Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, gesê. “Die man het die bakkie bestuur en sy arm is tydens die ongeluk geamputeer.”

Volgens Rossouw was die man in ʼn kritieke toestand toe paramedici by die toneel opgedaag het, en hy het op die toneel aan sy beserings beswyk.

“Die bestuurder van die vragmotor het geringe beserings opgedoen. Hy is op die toneel behandel en na Potchefstroom-hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het hy bygevoeg.

Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie. Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

Foto: ER24

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Pieter ·

Meegevoel aan die man se naasbestaandes – dis baie hartseer. Maroela, wat het werklik gebeur? Is ‘n noodoperasie op die toneel uitgevoer om die man se arm te amputeer, of is die operasie tydens die botsing(??) uitgevoer? Volgens die opskrif is die man na die operasie dood. Of het die man sy arm WEENS die botsing VERLOOR? Moet asb nie terme gebruik voordat julle weet wat dit beteken nie. Indien die woordvoerder van ER24 foutiewe terme gebruik, behoort dit nie so weergegee te word nie. “Amputasie” (snw) is die afsit van ‘n liggaamsdeel deur middel van ‘n operasie en “amputeer” is werkwoord daarvan – sien oa HAT6. Ons waardeer julle nuus, maar berigte soos hierdie doen, met respek, afbreuk aan julle beeld.

M Olivier ·

Pieter is jou vraag oor die detail regtig nodig? Dink jy nie sy familie sien hierdie goed nie. Punt is – hyt sy arm verloor en daarna gesterf. Hoe en wanneer dit gebeur het is n bysaak wat niks met die publiek te doen het nie. Sterkte aan sy geliefdes.

Hoeder ·

Traumatiese amputasie Pieter, nie as gevolg van n operasie nie, maar as gevolg van direkte trauma.

Peet Schabort ·

Pieter, daar staan ” . . . en sy arm is tydens die ongeluk geamputeer” menende “hy het a.g.v. die ongeluk sy arm verloor”. Volgens wat ek kan sien was dit ‘n skrams trompop botsing wat die regterkant van die bakkie weggevat het deur die vragmotor en sodoende ook sy (regter?)arm. Ek weerhou my om te bespiegel maar een ding is seker vir ons ander: “You won’t be the first one BUT you could be the next one”.

Dee ·

Pieter, jou kritiek is oordrewe. Ek is ook een wat werklik vol fiemies is met betrekking tot taalgebruik maar Afrikaans moet buigbaar wees ook. Daar is niks verkeerd met die betrokke beskrywing nie. Toevallig het my oudste broer sy regterarm op dieselfde manier verloor. Afrikaans is ‘n pragtige taal; ‘n taal wat groei en wat buigbaarheid toelaat.

Akram ·

Innige simpatie met die familie. Baie sterkte vir die kinders en die boeties wat agtergebly het. Dink aan julle. Staan sterk. Sal altyd die goeie tye onthou.

Hoender ·

Wanneer n persoon sy ledemaat tydens n ongeluk verloor, is dit n traumatiese amputasie.
Dus nie tydens n operasie nie, maar as gevolg van trauma.

Joey Fourie ·

Rus in vrede, Camel Schutte. Dit was goed om jou te ken. Innige meelewing met sy vrou, kinders en familie.

Zena ·

Pieter, ja ek stem…swak opskrif. Die opskrif laat dit klink asof hy n operasie gehad het en weens dit gesterf het. Maar dit daar gelaat, innige simpatie aan sy familie. Deesdae as jy in jou kar klim is dit eintlik n wonderwerk jy kom vanag weer veilig by die huis.

Elinette ·

Eerstens, meegevoel aan die familie en vriende van die oorledene. Maar tweedens, ja – ‘n UITERS swak opskrif. Toe ek die opskrif lees, het ek gedink: “Watter dokter of hospitaal het nóú weer aangejaag?”. Maak die berig oop en ek wonder: “Wat de ongeluk het ‘n ongeluk te doen met ‘n man se arm wat geamputeer is?” Eers na ek die berig die tweede keer gelees het, het ek besef die man is dood nadat hy in ‘n ongeluk is, waartydens hy sy arm verloor het, waarskynlik as gevolg van bloedverlies en skok. Nou toe nou, Maroela neig nou ook soos IOL om misleidende hoofopskrifte te gebruik!

Arizona ·

Wat gaan aan met ons mensdom. Hier is n pappa, man, broer en iemand se seun dood en julle bekommer julle oor taal gebruik. Genade geen wonder die mensdom het geen begrip meer vir mekaar nie. Maak dit regtig saak wie wat sê die man is dood. Iewers sit n familie en treur. Het julle almal woordeboek ingesluk dat julle so presies oor taalgebruik moet wees. Word groot man my magtig daar is erger dinge om julle oor te bekommer as Maroela se gebruik van die korrekte terme. Sterkte aan die man se familie wie en waar hulle ook al is. Mag ons Hemelse Vader julle styf vas in hierdie tyd van droefheid.

THEO COETZER ·

Ek stem saammet Arizona, geen meegevoel meer nie, DIS hoekom ons mensdom so verval. Pateties man. RIP Camel Schutte. Sterkte en alle meegevoel vir die geliefdes, mag julle sterk wees vorentoe en hom nooit vergeet nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.