Man sterf ná bakkie rol

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn 37-jarige man is Sondag dood nadat sy bakkie op die R30-pad buite Welkom in die Vrystaat gerol het.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

“Die man het verskeie beserings, waaronder erge kop- en nekbeserings, opgedoen en was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het hy gesê. Paramedici het hom op die toneel dood verklaar.

Volgens Rossouw was daar geen ander voertuig in die ongeluk betrokke nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.