Man sterf ná bakkie rol

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

ʼn Man is dood nadat hy uit sy bakkie geslinger is toe dit Donderdagmiddag teen ʼn steilte naby Lydenburg in Mpumalanga afgerol het.

Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het op die R37-pad plaasgevind. Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Die man se liggaam is naby die pad aangetref, ‘n paar meter weg van die voertuig af. Die bakkie het onder teen die steilte tot stilstand gekom,” het Meiring gesê.

Volgens ooggetuies het die man glo te vinnig gery en beheer oor die bakkie verloor. Die bakkie het eers ʼn sementpilaar getref, waarna dit teen die steilte afgerol het, en die man in die proses uit die bakkie geslinger is.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.