Man sterf na bakkie teen boom bots

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man is dood en vier mense is beseer nadat die bakkie waarin hulle gery het teen ʼn boom gebots het op die R720 naby Steynsburg in die Oos-Kaap.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê die Toyota Hilux-bakkie het sowat 5km buite die dorp teen die boom gebots.

Volgens Vermaak is ʼn man uit die bakkie geslinger en is hy op die toneel dood verklaar. Die ander vier insittendes moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word. Hulle is op die toneel behandel voor hulle na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.