Man sterf ná baksteenaanval

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is dood nadat hy Donderdag in KwaZulu-Natal glo met bakstene aangeval is.

Volgens Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het die man in Boothweg in Westville geloop toe die aanval plaasgevind het.

“Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Botha gesê. “Hy is met veelvoudige beserings langs die pad aangetref.”

Kol. Jay Naicker, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

“Die liggaam van ʼn onbekende man is op die sypaadjie onder die brug van die N2-snelweg gevind,” het Naicker gesê.

Die polisie vermoed die man is ongeveer 30 jaar oud. “Die man het ernstige kopbesering en kneusplekker regoor sy lyf opgedoen.”

Bakstene is langs die man se liggaam gevind.

“Die rede vir die moord is nog nie bekend nie. Die Cato Manor-polisie ondersoek ʼn saak van moord.”

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

"Huh!" ·

Nou moet ons raai watter lid van die reënboog dit is? Dit is belaglik! ‘n Goed geskrewe artikel kleur die storie in, dat die leser nie feite moet “raai” nie. Die rassisme stories in Suid-Afrika raak belaglik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.