Man sterf ná been-amputasie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wie se been geamputeer moes word nadat hy in die been geskiet is tydens ʼn rooftog by ʼn lodge in Sodwana, KwaZulu-Natal, is Woensdagmiddag dood.

Thys Besselaar (35) se regterbeen is Maandag by die heup geamputeer, het Netwerk24 berig. Volgens Tokkie Hugo, eienaar van die lodge waar die rooftog plaasgevind het, het komplikasies met die amputasie tot Besselaar se dood gelei. Besselaar, ’n inwoner van Phalaborwa in Limpopo, is die pa van ʼn vyfjarige dogtertjie.

Maroela Media het vroeër berig dat hy en Hugo Vrydagaand by die lodge gekuier het toe drie gewapende rowers hulle oorval het. Werknemers van die lodge is ook beroof. Besselaar is met ’n haelgeweer in die been geskiet nadat hy een van die rowers met ʼn kroegstoel geslaan het.

Besselaar se pa, ook Thys, het gesê die wond wou nie ná die amputasie heg nie, maar dit is elke dag skoongemaak.

Volgens Hugo maak die polisie goeie vordering met die ondersoek.

Netwerk24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Spokie ·

Dis hartseer. My meegevoel aan sy familie en vriende en ook spesiaal aan die klein dogtertjie wat haar Pappa gaan mis. Ek hoop geregtigheid geskied.

Amanda De Souza Dias ·

Die is vir my net baie hartseer baie hartseer. Veral omdat Thys probeer het om die rowers te oorval en die mense in die lodge te beskerm , net baie sad. Mag Jesus agter hom kyk – en agter sy doggertjie. Amen

Petrus Groenewald ·

Bring die doodstraf terug en sien hoe niemand meer in vrees lewe nie.
Jare gelede was die doodstraf selfs opgele vir verkragting en nie net vir moord nie.
Bring die doodstraf terug – net ons prez en sy party sal daarteen stem.

Lionette Steyn ·

Ek sê ook bring die doodstaf terug. Thys was die 2de seun wat hierdie ouers in ñ paar jaar aan die dood afgestaan het, en my man se werkgewer. Sterkte aan sy familie.

V ·

Dit is baie hartseer wat gebeur het. Mense julle almal skree bring terug die doodstraf, nou wil julle nog verdere mag in die korrupte regering se hande sit. Dit oor wie mag en wie mag nie lewe nie, wie dink julle gaan eerste gaan?

erika ·

Glo my as die mense weet die kans is goed dat hulle dood sal gaan vir hulle vreeslike dade teenoor ons mense sal hulle twee keer begin dink. God behoed ons in die land. Want net Hy weet wat gaan van ons word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.