Man sterf ná boom in fratsongeluk op hom val

Nooddienste op die toneel. (Foto: ER24)

’n Man is vanoggend dood toe ’n boom op ʼn landgoed buite Pietermaritzburg op hom geval het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man, vermoedelik 33 jaar oud, was besig om die boom op die landgoed by Baynesfield buite die dorp af te saag, toe dit omgetuimel en op hom te lande gekom het.

Paramedici is na die landgoed ontbied waar hulle die man met ʼn ernstige kopbesering aaangetref het. Hy het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar, het Meiring gesê.

Die boom het vermoedelik op sy kop geval.

Meiring het gesê die plaaslike owerhede ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Ellisras ·

Ek het ook sulke slegte “geluk”. As daar een meteoriet val, moet nie langs my staan nie.

Muffin ·

Elize was jy by toe die ongeluk gebeur het. Dink jy dit was beplan.

Cherokee ·

Elize is heeltemal reg deur te sê dit is nie ‘n frats ongeluk nie, maar meer waarskynlik ‘n voorkombare ongeluk. Jy redeneer asof alle ongelukke wat nie beplan is nie, fratsongelukke is.

Christa ·

So jammer vir Sy familie. EK is glad nie n voorstaander van bome afsaag nie. Ons land het dit so nodig. Die bome vat
15 tot 20 Jaar om Groot te word en ons saag voor die Voet AF. Soms net vir vuurmaak.

Cherokee ·

Christa, ek het sowat twee ure gelede vir iemand gesê hoe hewig lastig dit is om te sien dat ‘n boom afgesaag word. Dit gesê na aanleiding van Durban se munisipaliteit wat 3 bome op ‘n eiland verminder het na rwee, en dit sonder enige goeie rede. (Die rede was vir ‘n kinderspeelpark waarvoor daar hope oop plekke is.)

SjN ·

Dit hang af van was daar opdrag gegee om die boom af te saag of was dit vir eie gewin, dit bly tagies. Wat is die omskrywing en verskil tussen n langoed, erf, plot en plasie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.