Man sterf na botsing reg van voor

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man is dood nadat sy motor reg van voor teen ʼn insleepvoertuig gebots het op die R33 naby Greytown, KwaZulu-Natal.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het naby Seven Oaks in Muden plaasgevind. “Die bestuurder was glo ʼn priester wat op pad huis toe was in sy Toyota Hilux toe hy in ʼn botsing reg van voor met ʼn insleepvoertuig betrokke was.”

Vermaak sê die man het etlike meters ver van die bakkie gelê met paramedici se aankoms op die toneel. “Ongelukkig was daar niks wat paramedici vir hom kon doen nie en hy is op die toneel dood verklaar.”

Vermaak sê die bestuurder van die insleepvoertuig het ligte beserings opgedoen en is na die Greytown-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.