Man sterf ná gemeenskappe bots

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man wat Donderdag geskiet en gewond is tydens ʼn konfrontasie tussen die Indiër-gemeenskap van Lenasia en inwoners van Thembelihle in Johannesburg het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

“Die situasie in die gebied was kalm vanoggend,” het lt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, Vrydag gesê. “Daar was vroeër vanoggend ʼn groep mense wat weer die strate wou invaar, maar hulle het van plan verander toe hulle die polisie sien. Die polisie sal in die gebied bly.”

Maroela Media het Donderdag berig die Indiër-gemeenskap het die inwoners van Thembelihle gekonfronteer nadat hulle glo elektrisiteitbokse in die omgewing wou afbrand.

“Terwyl die polisie besig was om die situasie te beheer, het inwoners van Thembelihle die groep van Lenasia met klippe bestook,” het Makhubela Donderdag gesê. “ʼn Man van Lenasia het vermoedelik sy vuurwapen uitgehaal en op die Thembelihle-inwoners geskiet. Twee mense is beseer.”

Makhubela het gesê die 47-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord. Hy sal na verwagting Vrydag in die Protea-landdroshof verskyn.

Volgens Makhubela het die Thembelihle-inwoners voor die voorval ʼn vergadering gehou nadat hulle verlede week oor dienslewering betoog het. Na afloop van die vergadering het hulle verbygaande voertuie in die pad met klippe bestook en gedreig om die elektrisiteitsbokse af te brand.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

HEVW ·

Waar wil jy n beter teelaarde vir n revolusie he as SA met sy kosmolitiese samestelling. Dit bestaan uit volkere wat baie vatbaar is vir anargie en nie instaat is tot sinvolle beraadslaging nie en onderhandeling nie. Boonop leef hul in omstandighede van swak dienslewering met total onrealistiese verwagtinge en lee mae. Beleef hulle as verontregtes en sien die ander as natuurlike vyande. Daar kan nog baie meer gese word oor hierdie voedingsbron tot revolusie. Met hierdie huidige regering ,as dit lank genoeg in beheer is, en die klimaat wat oor sekere ander lande heers kan ons dit in klip uitkap n revolusie sal kom. HERMAN SKRYF ASB. VIR ONS HIEROOR.

Gerhard Bezuidenhout ·

Die man wat op die barbare geskiet het word aangekla maar die klipgooiers kom niks oor nie. Hulle kon netsowel iemand teen die kop gegooi het met lelike gevolge. Die spul is daaraan gewoond om geweldadig op te tree.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.