Man sterf ná girokopter neerstort

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 23-jarige man is Saterdag in ʼn hospitaal in Port Elizabeth dood nadat hy die vorige dag ernstig in ʼn girokopter-ongeluk beseer is.

Ao. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het gesê Marco Martino was Vrydagmiddag besig om gifbesproeiing te doen toe die girokopter op die plaas Andrieskraal naby Patensie neergestort het.

Volgens Swart het die girokopter aan die brand geslaan nadat dit neergestort het en Martino is ernstig beseer. Hy is in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal in Port Elizabeth gehaas. Swart het gesê Martino is omstreeks 00:30 oorlede.

Die ongeluk word deur die polisie en die Burgerlugvaartowerheid ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.