Ao. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het gesê Marco Martino was Vrydagmiddag besig om gifbesproeiing te doen toe die girokopter op die plaas Andrieskraal naby Patensie neergestort het.
Volgens Swart het die girokopter aan die brand geslaan nadat dit neergestort het en Martino is ernstig beseer. Hy is in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal in Port Elizabeth gehaas. Swart het gesê Martino is omstreeks 00:30 oorlede.
Die ongeluk word deur die polisie en die Burgerlugvaartowerheid ondersoek.