Man sterf ná gru-botsing

Foto: ER24

ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, is dood nadat ʼn motor Maandagmiddag op die R40 in Mbombela (Nelspruit) in Mpumalanga teen die middelman gebots en die motor gedeeltelik om ʼn paal gevou het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici van verskillende ambulansdienste het die wrak van die motor aangetref waar dit bo-oor die middelman gelê het. ʼn Man het ʼn paar meter weg van die wrak af gelê.

“Paramedici het die man ondersoek en gevind dat hy veelvuldige kritieke beserings opgedoen het. Die man is op die toneel behandel en daarna na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir behandeling. Hy het met sy aankoms by die hospitaal aan sy beserings beswyk,” het Meiring gesê.

Zandile Mandlazi, woordvoerder van die Mpumalanga- departement vir gemeenskapsveiligheid, het bevestig die man was alleen in die motor toe die ongeluk gebeur het. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Leahim ·

Ek is nie n kenner maar om n kar so te breek moet jy teen n hoër spoed as 120 kmph ry daarmee het ek nie n probleem maar wat van die onskuldige mense wat jy gaan doodmaak met jou onverantwoordelike houding.

Nico ·

Jys reg dis hoekom ek teen hierdie spoed cameras boetes is kry na die tyd of nooit die boetes nie die bestuurder moet op die spot gearresteer word of n direkte dagvaardiging kry om te betaal maar dit gaan eerder om geld te maak as om padveiligheid te verseker en jy kan ook sien en agterkom as die beampte korrup is

Louis ·

Stem saam. Jare gelede was die VREES indien jy vinnig ry dat jy gestop word en daar wag vir jou boete. Deesdae weet jy nie eers wanneer jy verby ‘n spoed kamara is nie en gaan jy maar voort teen die hoe spoed

Piet Pompies ·

Hierdie gedeelte van die pad het ‘n spoedbeperking wat wissel tussen 70 en 80km/h afhangende van die rigting wat jy ry. Soos alreeds opgemerk het spoed hier ‘n rol gespeel.
Die R40 is berug vir sy ongelukke en daar is nog laasweek bekend gemaak dat die Mbombela minusipaliteit nie geld het verkeersbeamptes aan te stel. So die problem lê ook by wetstoepassing.

Marinda ·

Ons kan nie oordeel voor die owerhede hulle ondersoek af gehandel het nie. Jare terug ñ ongeluks toneel gesien, man het oor n stop straat gery voor ñ vragmotor wat af in die straat gery het, die motor is so ent saam gesleep. Vragmotor bestuurder was baie getraumatieseer, so ook die mense in die omgewing. Dit draai toe uit die oom het ñ hartaanval gehad en ipv rem trap het hy die petrol getrap. Always two sides to a story.

snoefie ·

die verkeersbeamptes wat wel daar is, lê laag en hinder niemand nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.