Man sterf ná hy beheer oor motorfiets verloor

‘n Foto van die toneel voor die Hugenote-tonnel (Foto: ER24)

ʼn 27-jarige man is dood nadat hy beheer oor sy motorfiets verloor het op die N1 net voor die Hugenote-tonnel buite Kaapstad in die Wes-Kaap.

Ineke van Huyssteen, ER24-woordvoerder, sê die voorval het vroeg Vrydagaand plaasgevind.

“Toe ER24 op die toneel aankom, het die man in die gras op die middelman tussen die twee hoofbane gelê. Hy het geen tekens van lewe getoon nie en is op die toneel dood verklaar,” sê sy.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sue ·

Net gister vra my laatlam vir my “hoekom hou Mamma nie van bikers nie” – toe se ek vir hom terwyl ons verby n ander motorfiets ongeluk ry ” My kind, want meeste van hulle gaan dood laaank voor hul tyd in motorfiets ongelukke” Dis vir my baie hartseer om al die mense so sinneloos te sien sterf.

JR ·

Sue
Ek het my leliefde kind op 20 aan dood afgestaan in ongeluk op sy motorfiets. Hy was heel onskuldig. Julle as publiek se persepsies oor gevare en vroeë afsterwe as jy bike ry is snert.
Slegs God het mag om te bepaal oor lewe en dood.

Alichia ·

Ons het presies 2 weke terug n baie goeie vriend net na die Du toitskloof lodge af gestaan aan die dood hy en sy vriend het ook beheer verloor oor die bike… bitter hartseer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.