Man sterf ná hy glo van 7de verdieping gestamp word

‘Ekene’. Foto: Verskaf.

ʼn 23-jarige man is dood nadat hy glo van die sewende verdieping van ʼn woonstel langs die Tambotieblok in Sunnyside in Pretoria gestamp is.

Kapt. Daniel Mavimbela, woordvoerder van die polisie, het gesê die slagoffer is Maandag op die toneel dood verklaar.

“Die oorledene en ʼn vriend wat saam met hom was, is glo na daardie woonstel gelok deur ʼn aanlyn advertensie wat aangedui het dat ʼn luukse kamera te koop aangebied word,” het Mavimbela gesê. Hy het gesê die mans is na bewering aangeval toe hulle die woonstel binnegaan deur ʼn groep mans wat hulle glo van kontant en selfone beroof het.

“Terwyl die vriend daarin kon slaag om te ontsnap, is die slagoffer deur die venster gestamp en hy het na die grond geval.”

Niemand is nog in verband met die beweerde voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord en roof.

Die polisie in Sunnyside is op soek na die man op die foto, wat bekendstaan as ‘Ekene’. Hy sal die polisie moontlik kan bystaan met hul ondersoek.

Enigiemand met inligting oor die voorval kan die Sunnyside-polisiestasie by 012 422 3604 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Koos ·

Na die grond geval? Ai Maroela. Direkte vertaling van “fell to the ground”?

Red nou ‘n nasie…

James ·

Misdaad in SA is mos nie ‘n probleem nie ne Me. Sisulu? Seker net ‘n robbery gone wrong .. huisroof .. woonstelroof . wat ookal

SAnik(s) ·

Vo8lgens prof Elmien Du Plessis se formule sal dit mos ongeveer 3000 jaar neem ( 55 000 000 mense gedeel deur 18000 moorde per jaar) om alle Suid Afrikaners te vermoor en dan is daar mos nie n probleem nie… Sy sal voorts ook vraagtekens plaas oor die definisie van “moord”, of “uitstamp” en dan ontken dat dit wel plaasgevind het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.