Man sterf na hy glo vir perd uitswaai

Argieffoto

Argieffoto

‘n Man is dood nadat sy motor teen ‘n boom gebots het op die R26 buite Ficksburg in die Vrystaat.

Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, sê die ongeluk het Woensdagaand sowat 10km buite Ficksburg plaasgevind.

Majija sê die man, glo in sy 40’s, was in die wrak vasgekeer. Sy twee vroulike passasiers het met paramedici se aankoms op die toneel, op die grond langs die motor gesit.

Majija sê paramedici van die provinsiale nooddienste het die man se liggaam uit die wrak verwyder terwyl ER24 se paramedici die twee vroulike passasiers vir ligte beserings behandel het.

Die beseerdes is na die Ficksburg-hospitaal en Mediclinic Hoogland geneem vir verdere mediese sorg.

Majija sê die man het glo vir ‘n perd in die pad uitgeswaai waarna die motor teen ‘n boom gebots het. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.