Man sterf ná hy in hysbakskag val

ʼn Man is Vrydag dood nadat hy in ʼn hysbakskag geval het. Foto: Netcare 911

ʼn Man is Vrydag dood nadat hy in ʼn hysbakskag geval het. Foto: Netcare 911

ʼn Man is Vrydag dood nadat hy in ʼn hysbakskag in ʼn winkelkompleks in Pretoria geval het.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 12:50 by ʼn winkelsentrum in Madibastraat in die middestad plaasgevind.

Die man, in sy vroeë 20’s, het vermoedelik herstelwerk aan die hysbak verrig toe hy glo vier verdiepings ver geval het.

“Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Ongelukkig kon daar niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het sy gesê.

Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

sus ·

Ek moes nou al n paar keer in die middestad in weens werk en ek vat altyd trappe want die geboue se huisbakke is vrot. Jy waag jou lewe deur daar in te klim. Geen mantenance word gedoen nie. RIP outjie

Cornelia ·

Hy was verantwoordelikheid vir herstel van hysbak toe hyself na sy dood geval het

Cornelia ·

Hy moes die herstelwerk aan hysbak gedoen het, toe hyself na sy dood geval het. Tragies.

Maria van Dieweeck ·

Seker die eerste diens vanaf 1994! Dankie DA! Jammer oor die man.

Jan maritz ·

As ek mag vra watse lift matskapy was die voor val van? Ek werk ook met huisbakke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.