Man sterf ná hy koei op snelweg tref

Die wrak van die motor. Foto: ER24

Die wrak van die motor. Foto: ER24ER24

ʼn 32-jarige man is Donderdagoggend dood nadat sy motor ʼn koei op die N1-snelweg sowat 60 km buite Bloemfontein in die Vrystaat getref het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man se motor is sowat 50 m van die snelweg af in die veld aangetref. “Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Sy liggaam was agter die stuurwiel vasgepen,” het Meiring gesê.

Die koei het glo in die middel van die pad gestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Martha Rowe ·

Magabe se groot val kom nog. Hy gaan nog van sy Troon af val

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.