Man sterf ná hy uit boom val

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 27-jarige man is Donderdagoggend dood nadat hy uit ʼn boom by ʼn aftreeoord in Akasia, Pretoria, geval het.

“Die man was glo omstreeks 08:45 besig om die boom te snoei toe hy geval het,” het Athlenda Mathe, woordvoerder van die polisie, gesê. Die aftreeoord is in Badgerlaan geleë.

“Die man was in ʼn kritieke toestand toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Mathe verduidelik. “Hy is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Hy het ongelukkig in die hospitaal aan sy beserings beswyk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

MissDemeanor ·

Hul noem dat hy besig was om te snoei. Siestog, dis jammer dat hy dood is.

Piet Snot ·

Probeer ook maar net eerlike dag se werk doen.
Tragedie.

christine ·

Snoei bome die tyd van die jaar. Met sommige personeel deesdae in hospitale is ek glad nie verbaas nie hy sou dalk n beter kans gehad het as hy onder die boom gebly het.

neelsie ·

Het juis gister n boomsaag -span gesien, waar hulle 6 meter hoog takke saag, niemand het enige harnas of veiligheidstoerusting aangehad nie.
Sou enige van die mense by jou huis bokant grondvlak werk, maak seker dat hulle aan die wetlike vereistes voldoen, JY gaan verantwoordelik gehou word sou iemand seerkry.

Joann ·

Han dis van dink dat ek so praat. Mens met verstand klim nie in boom om te snoei sonder harnas of iets wat jou beskerm nie. Snoei ook nie die tyd van jaar bome nie. Kom by en DINK voor jy praat.

Francois le Cochon ·

Hierdie man se werkgewer (opdrag gewer) is in groot moeilikheid. 2 Jaar gelede het ‘n vrou in Durbanville haar tuinier haar dak laat verf. Hy het afgeval en is verlam. Die vrou moes R3 miljoen aan hom uitbetaal omdat sy versuim het om hom te beveilig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.