Man sterf ná hy van bakkie val

Argieffoto: Netcare 911

Argieffoto: Netcare 911

ʼn Man is dood nadat hy Vrydagaand in Garsfontein, in die ooste van Pretoria, van ʼn bakkie af geval het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het in Lochielstraat plaasgevind. Volgens Botha het die man agter op die bakkie gestaan en onder die wiel beland nadat hy van die bakkie af geval het.

Botha het gesê die man is op die toneel dood verklaar. Die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Dis vir my al asof hierdie berig en ‘n latere berig aangaande Justin van der Merwe een en dieselfde is? Beide het Vrydagaand gebeur maar die plek het verskuif na Fairie Glen wat eerder korrek is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.