Man sterf ná hy van krans val

Paramedici en reddingswerkers op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Man, vermoedelik in sy 40’s, is dood nadat hy Woensdagaand by Kloofendal in Roodepoort van ʼn krans afgeval het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici van twee nooddienste, die polisie se soek-en-reddingseenheid en hul honde-eenheid is omstreeks 23:00 na die toneel ontbied.

“Die rotsagtige omgewing het dit vir paramedici en reddingswerkers moeilik gemaak om by die man uit te kom. Toe hulle hom opgespoor het, het hy nog geleef. Paramedici het hom probeer bybring, maar hy is later weens sy beserings dood,” het Van Huyssteen gesê.

Reddingswerkers het tot omstreeks 02:00 gespook om die man se liggaam uit die rotsagtige gebied te kry.

Die presiese omstandighede rakende die voorval is nog onbekend. Beamptes was op die toneel om ondersoek in te stel.

Dit is ook nie dadelik bekend hoe ver die man geval het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.