Man sterf ná kar trompop met bus bots

Die motor se wrak. Foto: ER24

Die motor se wrak. Foto’s: ER24

ʼn Man is Maandagoggend dood nadat die ligte voertuig waarin hy gery het, reg van voor teen ʼn bus naby Nelspruit gebots het.

Volgens Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het die botsing op die Kamagugu-pad plaasgevind.

Foto: ER24

Foto: ER24

“ʼn Man en ʼn vrou het in die motor gery. Die motor het erge skade tydens die impak opgedoen. Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Meiring gesê.

Die man se liggaam was in die wrak vasgekeer en moes deur die brandweer uitgesny word.

“Die vrou het gelukkig geen beserings opgedoen nie en niemand in die bus is beseer nie.”

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.