Man sterf ná kollega hom glo met slypmasjien pak

(Argieffoto: WCHEMS/Twitter)

ʼn 36-jarige man word van moord aangekla nadat hy glo ʼn kollega met ʼn slypmasjien aangeval het.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, sê die verdagte en nog ʼn werker het Sondag aan ʼn huis in Moloto, KwaMhlanga, se dak gewerk toe ʼn stryery tussen die twee ontstaan het.

Die verdagte het die ander man daarvan beskuldig dat hy sy selfoon gesteel het.

“Die verdagte, wat ʼn slypmasjien in die hand gehad het, het glo die slagoffer aangeval en hom in die proses aan die bolyf gesny,” sê Hlathi.

Die polisie en paramedici is ontbied, maar die man het op die toneel aan sy beserings beswyk.

Die verdagte is kort daarna in hegtenis geneem en verskyn na verwagting later vandag in die KwaMhlanga-landdroshof op ʼn aanklag van moord.

Genl.maj. Thulani Phahla, waarnemende polisiehoof in die provinsie, het die voorval ten sterkste veroordeel en die vinnige inhegtenisneming verwelkom.

“Mense moet leer om geskille op ʼn vriendskaplike wyse op te los om onnodige lewensverlies te verhoed,” sê Phahla.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Harley Davidson ·

Dit is ongelooflik dat “sommige ” mense in 2021 nog optree soos hulle voorouers in 1721 is dit ‘n genetiese ding wat net oordra van een geslag na ‘n ander of ‘n totale afwesigheid van ‘n opvoeding?

Miskruier ·

Ek luister nounet na n Derek Prins praatjie, deur die bybel te lees word n band met God geskep. Die mense lees nie, ons regering verwaardloos die belangrikste, graad 4 kan nie lees nie. Ons keer terug na n tyd van ongeletterde ongelowiges.

Nie Verbaas ·

Gene en geen geld en opvoeding in die wereld kan dit regmaak nie.

Rosie ·

Ek dink dis meer goddeloos vandag. Dis soos in die dae van Noag voor die sondvloed. Wonder of hy sy foon gekry het. Die mense is wreed en sonder vrees vir die Skepper!

Ansie ·

Sedert 1994 en na die aanvaarding van die “mees progressiewe Grondwet” het morele verval met rasse skrede toegeneem – op alle vlakke.

Prontuit ·

Niemand sal niks leer nie!!!!!!!!!! dis hoe hulle geskille oplos met geweld, moord en roof en dood maak, en dis hoe hulle daarmee groot geword het en weg kom elke dag, dink jy nou vir een oomblik dit gaan verander? nie solank daar nie daadwerklike gevolge is vir dade nie en nie so lank ons reg stelstel so korrup is nie, so jy mors jou asem, ons moes baie vinnig geleer het hou jou mond en draai om en loop weg want jy mag dalk met jou lewe boet as jy iets se

Kensy ·

Was daar drank / dwelms betrokke?
Reg- denkend mense doen nie sulke ding nie!

Drico ·

Wel in n vorige berig het n 15jarige en n 12jarige stry gekry oor n speletjie. Die 12jarige word nou aangekla van moord nadat hy die 15jr met n knipmes dood gesteek het. So wat sê dit van our people. Naaste liefde en om n saak op n ordelike manier uit te sorteer bestaan nie in hul denke en wese nie. Die voorbeeld is duidelik sigbaar in die regerende ANC party waar geskille ook met geweld en vuurwapens uitgesorteer word.

SjN ·

As Hoedeman die wapens wil wegvat dan word daar die job met krag gedoen as eskom nie loadshedding toepas nie.

marius ·

Vriendskaplike wyse oplos ? Waar bly die generaal ? In Eutopia ?

Anel ·

Mense? Nou ‘n mensesulk optrede menslike optrede? Op watter planeet lewe hulle?

Ansie ·

Seker ‘n hoekslyper. In SA is dit aan die orde van die dag om geskille gewelddadig op te los. Daar is bitter min morele waardes oor en min nagevolge. Kriminele word deur die Grondwet beskerm, nie hulle slagoffers nie.

Jr ·

General major “your people” teach them how to solve problems. Now you preach to the converted. Haai foeitog

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.