Man sterf ná masjinerie op hom val

Argieffoto Foto: Netcare911

Argieffoto Foto: Netcare911

ʼn Man is Maandag in ʼn nywerheidsongeluk dood toe ʼn masjien by sy werkplek in Nuffield in Springs aan die Oos-Rand, op hom geval het.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die 50-jarige man was besig om te werk toe die masjien bo-op hom geval het. “Dit is nog nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie. Die nodige owerhede is besig om die voorval te ondersoek,” het Steinmann gesê.

Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.

Die naam van die maatskappy is nie bekend gemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.