
Argieffoto Foto: Netcare911
ʼn Man is Maandag in ʼn nywerheidsongeluk dood toe ʼn masjien by sy werkplek in Nuffield in Springs aan die Oos-Rand, op hom geval het.
Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die 50-jarige man was besig om te werk toe die masjien bo-op hom geval het. “Dit is nog nie bekend wat die ongeluk veroorsaak het nie. Die nodige owerhede is besig om die voorval te ondersoek,” het Steinmann gesê.
Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het.
Die naam van die maatskappy is nie bekend gemaak nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
Goeie voledige berig, ons weet nou presies alles