Man sterf ná mikrovliegtuig neerstort

Die mikrovliegtuig se wrak. Foto: Verskaf

Die mikrovliegtuig se wrak. Foto: Verskaf

ʼn Man is dood en een kritiek beseer, nadat ʼn mikrovliegtuig Woensdagmiddag in Alberton aan die Oos-Rand neergestort het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het aan Maroela Media gesê die mikrovliegtuig het omstreeks 12:20 in ʼn veld op die hoek van Langkloof- en Rogersstraat in Alrode neergestort.

Paramedici van ER24 en ander nooddienste is na die toneel ontbied waar die mikrovliegtuig se wrak in die middel van die oop veld aangetref is, het Meiring gesê.

Meiring het gesê die man was reeds dood toe paramedici hom ondersoek. Die ander man is met kritieke beserings na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Die ouderdomme van die mans was nie dadelik beskikbaar nie. Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Julius de Beer ·

Dit is nie n oop veld soos die berig sê nie. Daar is 2 groot kraglyn en waar die vliegtuig lê is amper in die middel van die twee lyne…

Cherokee ·

Ja, toe ek die hoogspanningslyne op die foto sien het ek gewonder of dit ‘n rol gespeel het. Nie noodwendig nie maar miskien wel.

ekke.. ·

Nog n hartseer geval in die sport. Ek is so dankbaar dat my instrukteur baie op vliegveiligheid ingestel is, wn seker maak jy offen in alle moontlike gevalle wat jy kan of mag tee kom. Tog is sulke nuus hartseer. Innige simpatie aan die naasbestaandes….

KarooKlong ·

Meegevoel met die wat agterbly.
Sterkte vir die ander man.

Cathy Pretorius ·

Ja, dit reg voor n fabriek gebeur waar mense gekyk het toe dit gebeur het , en dit het in die kraglyne vas gevlieg.

Liza de Lange ·

Dis geweldig hartseer!!!! My hart gaan uit aan die mense wat agter bly!!!! My man het ‘n banner op sy microlight gesit met die woorde Wynand RIP en sterf toe in die proses toe hy sy vriend wou vereer verlede jaar Mei maand!!!!! Dis bitter seer vir die mense wat agter bly!!!!!! VLIEG HOOG SAAM MET DIE ENGELE!!!!!!!!! RUS SAG!!!!!!!

Wat-ek-lees ·

Liza, ek sien jou man se ongeluk was ook op MM. Hoe gaan dit met Jannie Snyders wat ook in die ander ongeluk was?
Sterkte Liza en ook aan diegene met die nuutste ongeluk.
Dit kan nie maklik wees om so betreklik jonk jou maat te verloor.

Doris ·

Ek voel baie jammer vir die familie,maar ek dink regtig die vlieeniers moet meer versigtig wees.

Cherokee ·

Dit is tragies om daarvan te lees. Vlieg is een van die veiligste maniere van vervoer… as die reëls gevolg word. Somtyds verander weersomstandighede en elemente egter die reëlboek of maak dit toe en maak ons opnuut bewus van hoe afhanklik ons is van genade.

Daleen Prinsloo ·

Hoe kan ek Maroela media direk kontak? Asb. En die Pink Ladies wat vermisde kinders help opspoor. Dringend asb. Email my asb, Maroela.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.