Man sterf na motor boom tref

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Man is vroeg Dinsdagoggend dood nadat sy motor teen ʼn boom gebots het in Queenswood, Pretoria.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die ongeluk het omstreeks 2:20 in Steadlaan plaasgevind. Mathe het gesê die man en sy hond was alleen in die motor. Die hond het die ongeluk oorleef en is na ʼn veearts geneem vir behandeling.

Volgens Mathe was die man reeds dood met paramedici se aankoms op die toneel. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Koos1 ·

Ek was nie op die toneel nie en wil ook nie spekuleer nie, maar baie ongelukke daai tyd van die aand is te wyte aan drank/spoed.
Stead laan is ook ‘n lieflike pad waar groot spoed gegooi kan word, met lekker lang slap draaie. Ek het al ook baie te vining in die straat afgery.
Sterkte aan die naasbestaandes. Ek hoop julle kry berusting en vertroosting.

Koos1 ·

Skuus, ek wou in eerste sin sê “……is baie keer te wyte……” Ek bedoel nie altyd nie, maar baie keer.

Riaan ·

Hulle verklap nie ouderdom nie, maar dit klink of dit n mediese issue kon gewees het, miskien n hartaanval, my vriend het n ligte hartaanval n aar jaar terug gekry, paramedici het so lank gevat om uit te kom dat hy self in sy voertuig geklim het en homself wilgers toe gery het en terwyl hy bestuur het weer n hartaanval gekry het en toe dood is, gelukkig het voertuig noe vinnig beweeg nie. Sulke situasies is altyd hart roerend.

Ilze ·

Tyd verkeerd tussen nege en halftien gebeur. Hy was 31 jaar oud. Hond het dislocated heup maar is ok

Aranda ·

Dis soos Ilze se dit het tussen 9 en 10 gebeur…. my innige meegevoel aan sy ouers, suster en broer. ons gebede is met jul.

Hansie ·

Ek vra uit respek as jy nie die regte inligting het nie moet nie spekuleer nie en kry die regte inligting… Baie danki vir die dames met regte inligting…

Melanie ·

Die ongeluk was onstreeks 22:20 nie 2:20 nie ons woon n blok daarvan af, en het minute daarna daar verby gery toe is ambulanse en polisie reeds daar

Lowrey ·

Weet nie waar Mathe aan sy tyd kom. Ilze is reg, net na 9 die aand. Was self op toneel om te help.

Lowrey ·

Sy tyd wat hy oral publiseer sal nou weer maak dat mense verkeerdelik spekuleer oor die rede vir die ongeluk. Was self ook by die hond en klink my hy sterk aan by n baie goeie diere hospitaal. Baie sterkte aan die familie en naasbestaandes

PJN ·

Ek lees nou hier op Maroela Media na al die mense se kommentaar, spekulasie wat my verstom laat. Moenie kommentaar lewer as jy spekuleer daar was drank spoed ens betrokke as jy nie die korrekte feite het nie. Dit ontstel net die naasbestaandes deur sulke aannames te maak. Daar kan duisende ander redes wees wat aanleiding gegee het tot die noodlottige ongeluk wat baie tragies is. Wat maak die tyd saak wanneer die ongeluk gebeur het dit is tog nie so belangrik vir die leser nie. Sterkte aan die naasbestaandes.

Hettie ·

Dalk hy het aan die slaap geraak! Want dit was in nag (2.20)!

Madre ·

Dit was 22:20 Hettie nie soos jy se nie. Hy het van sy Suster af gekom met sy Pit Bull baba. Ons harte is so seer vir sy Familie

Brenda Swanepoel ·

Nee. Dit was beslis nie so laat nie. Ek was nog wakker toe hulle vir hulp gevra het op die radio om die pad toe te maak. My seun het dadelik gaan help.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.