Man sterf ná motor brug tref

Argieffoto Foto: Netcare911

Argieffoto Foto: Netcare911

ʼn Man is Maandag dood toe sy voertuig teen ʼn brugpilaar in Bloemfontein gebots het.

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het die ongeluk omstreeks 05:00 in D.F. Malherbeweg plaasgevind.

“Die voertuig het die pad verlaat en teen een van die brug se pilare tot stilstand gekom. Die bestuurder was in die voertuigwrak vasgekeer,” het Botha gesê.

Die man se liggaam moes deur die brandweer uit die wrak gesny word. Hy is op die toneel dood verklaar.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.