Man sterf ná motor by krans afstort, in see beland

Foto: NSRI

Foto: NSRI

‘n Man is dood nadat hy vermoedelik beheer oor sy motor verloor het en by ʼn krans af gery het tussen Bakoven en Ouderkraal in die Wes-Kaap.

Bruce Davidson, die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) se stasiebevelvoerder by Bakoven, het gesê die man het vermoedelik vroeg Vrydagoggend op Victoriaweg in die rigting van Houtbaai gery toe die motor by die krans afgestort en in die see beland het.

Volgens Davidson was die man vasgekeer in die wrak wat tussen rotse in die vlakwater gelê het. Die man is op die toneel dood verklaar. Hy het gesê geen ander mense is in of naby die wrak gevind nie.

Die polisie ondersoek die saak.

Foto: NSRI

Foto: NSRI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.