Man sterf ná motor in hawe beland

Reddingswerkers by die Durbanse hawe. Foto: Verskaf

Reddingswerkers by die Durbanse hawe. Foto: Verskaf

ʼn Man, vermoedelik in sy 70’s, is dood nadat sy motor Sondag in die water by die Durbanse hawe beland het.

Chitra Bodasing Harduth, woordvoerder van ER24, het gesê die motor, met een insittende, het omstreeks 18:00 in die water ingeploeg, waarna dit gesink het.

“Dit het soek- en reddingswerkers nagenoeg ses uur lank geneem om die motor op te spoor en by die man uit te kom,” het sy gesê.

Die man se liggaam en die voertuig is omstreeks middernag uit die water gehaal, waarna die man dood verklaar is.

Dit is nog nie duidelik hoe die motor in die water beland het nie. Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Koos1 ·

MM. Sonder on soos ‘n taalkundige te klink maar die motor het in die water ingeploeg. Dit staan in julle berig, en dan se julle dit is nie duidelik hoe die motor in die water beland het nie!
Moet die laaste paragraaf nie dalk lees “die oorsaak hoe die motor in die water beland het, is onduidelik.”
Baie sterkte vir die betrokkenes.

Magda ·

Ja nee Koos ek stem saam met jou. In die water geploeg en dan weet hulle nie hoe hy in die water beland het nie. Seker maar ingeploeg dis hoe hy in die water gekom het. Of sal ons later hoor hy het in die water in gery , gejaag , ……..what ever! Die punt is hy het in die water beland omdat hy seker beheer oor sy voeruig verloor het.

Cherokee ·

Koos en Magda, bly kalm. Wanneer ek deur my venster of vanaf my agterstoep kyk, kyk ek oor die hawe. Mense het al vorige kere in die water ingery om ander redes as ‘beheer verloor’.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.