Man sterf ná motor meisie tref en teen boom bots

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare911

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare911

‘n Man is Vrydag dood in ‘n botsing in Durban toe ʼn meisie omgery is en die motor daarna teen ‘n boom gebots het.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, het gesê die 14-jarige meisie is op die Higginson-hoofweg voor die Bay View-afrit omgery. Volgens Steinmann het die bestuurder van die motor glo hierna beheer verloor en met die motor teen ‘n boom gebots.

Die bestuurder van die motor het ernstige beserings opgedoen terwyl een van die drie passasiers in die ongeluk dood is. Die twee kinders wat op die agterste sitplek gesit het, het ligte beserings opgedoen.

Die tienermeisie wat raakgery is, is in ‘n kritieke toestand na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Peet Schabort ·

Nee, ek was NIE daar maar: ek glo nie die meisie het op die ryvlak geloop maar op die sypaadjie. Indien so dan het hy eers beheer verloor en toe die meisie raakgery en daarna kom die boom toe in die prentjie? Spoed? Weet nie maar . . .

Neptunus ·

Werklik? Ek het eenmaal in die nag vir ‘n hond probeer uitswaai in ‘n landelike gebied sonder straatligte, hom nogtans getref en vrek gery, en in die proses ‘n ent verder ‘n verkeersteken wat links van die ryvlak geleë was gestamp en eers daarna tot stilstand gekom.

Dis ook heel moontlik dat die voetganger op die hoofweg geloop het waar sy nie mog nie, hy haar skrams getref het toe hy probeer uitwaai en die boom getref het. Dit verklaar dalk waarom sy oorleef het.

Deesdae swaai ek vir geen hond uit as my spoed dit gevaarlik maak om dit te doen nie en ry eerder bo-oor hom soos ek eenkeer daarna in KZN gedoen het. Minder gevaarlik en minder skade as om ‘n verkeersteken te tref of die risiko te loop om die kar te rol. In ‘n beboude gebied waar die spoedgrens sê maar 60 of 80 km/u is, is dit vanselfsprekend veilig genoeg om slegs te rem en die hond se lewe te spaar.

Peet Schabort ·

Deesdae? Ek doen dit al vir meer as ‘n halfeeu om nie uit te swaai nie. Volgende maand (met die hulp en die genade van God) behoort ek vir 55jr ONGELUKSVRY op die slagveld, genoem ‘paaie’ te wees. Presies 8dae na my agtiende verjaardag het ek my leerling- en permanente bestuurslisensie geslaag. Ek het ‘n pa gehad wat ook ongeluksvry bestuur het tot sy dood, ongeveer 50 jr. Ek kon nie ‘n beter instrukteur gehad het. Ek het onlangs ‘n K53-handleiding uit nuuskierigheid aangeskaf en uitgevind dat daar nie eintlik iets nuuts is vir my. Inteendeel is daar uiters belangrike goete wat NIE daarin is. Wat ek wel kan sê is dat daar nog steeds nuwe truuks is wat die K53-geslaagde windgatte op die pad uithaal waarvoor jy paraat moet wees. Hedendaags is dit mode om by jou wat 110km/h ry verby te jaag, voor jou in te sny en dan links die afrit te gebruik waar ek reguit gaan. Die ander truuk is om van voor oor die rooi lig te jaag terwyl jy regs wil draai. Twee weke gelede was die voertuig agter my in so ‘n ongeluk. Ek kan aangaan en aangaan met voorbeelde van alledaagse verkeersoortredings. Dis ‘n leeuwêreld daarbuite en ek behoort nou al ‘n effense idee te hê van hoe om te bestuur.
Onthou ook dis ‘km/h’ en nie ‘km/u’.
Groetnis en hou by die verkeerswette en onthou: GEDULD en VERDRAAGSAAMHEID op die pad. Moenie jaag maar moet ook nie KRUIP op die pad. Fossiele hoort nie agter ‘n stuurwiel.

Neptunus ·

Dankie Peet, en ek hoop jou rekord hou. Respek! (in Ali G-stemtoon)

Dave ·

Interessant die storie oor Sheila op die Higgenson Highway. Daar word ‘n vergelykbare storie vertel oor die pad tussen Carletonville en Fochville (of eintlik tussen die Kraalkop kruispad en Carletonville. Daardie dame is nie geweldadig nie en baie stil maar ryloop ook daar en die storie is vele dekades oud.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.