Man sterf ná motor op hom val

Foto: Netcare 911

Foto: Netcare 911

ʼn Man is vroeg Donderdagoggend in ʼn gru-ongeluk in die ooste van Pretoria dood.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man, glo in sy 40’s, het in Solomon Mahlanguweg naby Stellenbergweg in Equestria gery toe hy glo beheer oor sy motor verloor het.

Volgens Mathe het die motor verskeie kere gerol en is die man uitgeslinger waarna die motor op hom geval het. “Met paramedici se aankoms op die toneel was die man steeds onder die wrak vasgekeer.”

Mathe het gesê die man is op die toneel dood verklaar. Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Wonder net ·

Sjoe, maar julle is ongevoelig en baie vinnig om sommer net die bestuurder te blameer. Miskien is dit so dat hy “onder die prop” was, maar miskien het hy uitgeswaai vir ‘n voetganger wat nie links of regs gekyk het nie. Tot die nadiodse ondersoek gedoen is, moet ons liewer nie sulke kommentaar lewer nie.

pauline ·

Stem saam of hy kan moontlik n hartaanval/beroepte gekry het

J ·

Dit is iemand se kind en familielid. Julle is baie ongevoelig. Tot so iets met een van julle familie gebeur

Jan maak n Plan ·

Ja soms kom dit voor dat mense se kommentaar dalk gevoelloos blyk te wees en ja verseker is daar ‘n familie en geliefdes wat nou in rou is, maar met elke dag se rialliteite om ons, hoe dan nou anders, Die meeste ongelukke word deesdae veroorsaak deur spoed, bestuur onder invloed en roekelose en nalatige bestuurders.

Nicola ·

Dood bly tragies, en ek stem saam. Moenie bevooroordelend wees as jy nie eers die feite ken nie. Dit kon jy gewees het. Slegte tyd, slegte plek hartaanval of ja, uitswaai vir iets, enige iets is moontlik. Hoekom dadelik oordeel asof dit die persoon se eie skuld was??

Griki ·

Wat ookal die oorsaak van die ongeluk, die oorsaak van sy dood is waarskynlik die gebrek aan ‘n veiligheidsgordel.

Darwintoekenning ·

Spoed en gordel. Gelukkig is niemand anders beseer nie.

TDENYSCHEN ·

Miskien as jy niks positief het om by te voel nie is stilte dalk ‘n beter opsie.

Louis ·

Julle wat vinnig is om komentaar te lewer dalk het hy vir een van julle familie lede uitgeswaai wat onder die prop was!! Baie vinnig om te oordeel! !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.