Man sterf ná motor rol

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man, in sy 30’s, is dood nadat sy motor verskeie kere in Krugersdorp gerol het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het in Barretweg plaasgevind.

“Met ons aankoms op die toneel is die man se liggaam in die pad aangetref nadat hy glo deur omstanders uit sy motor getrek is.”

Volgens Meiring het paramedici onmiddellik die man begin behandel. Hy het verskeie beserings opgedoen. “Daar is langer as 45 minute sonder sukses gespook om hom by te bring en hy is op die toneel dood verklaar.”

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kotie ·

Hoekom trek hulle die man uit sy kar!!!! Duidelik was daar geen brand ens!!!

Ek wil ook weet ·

Presies my vraag ook. Ons bly nie in Amerika waar elke liewe ding net ontplof en aan die brand slaan nie! Ek was nie daar nie maar skok kan n mens tot snaakse dinge toe dryf. Dis waarom daar noodpersoneel is mense! Hulle word goed opgelei en gaan deur kursusse om met beseerde mense te werk veral op ongelukstonele ens. Dankie vir elke liewe nooddienswerker wat hulle eie lewens waag om mense in n ongelukstoneel te help ek salieer julle vir die puik werk wat julle doen al is daar ander mense wat dit nie raak sien of waardeer nie.

Ano ·

Ek wil ook weet –
In watter land bly jy? Lees jy gereeld koerante? Want as jy het sou jy die vele berigte gesien het van motors wat aan die brand slaan met impak in ongelukke (ek SLUIT die Ford fiasco UIT) Gaan bietjie in MM se argiewe en gaan kyk hoeveel mense het die laaste jaar dood gebrand in motors.

Ek wil ook weet ·

Ja Ano jys heeltemaal reg maar se my hoe dikwils gebeur dit dat n ou kar soos op die foto aan die brand slaan tydens n ongeluk? As my oe my nou nie bedrieg nie sien ek dis n Toyota Avante ouerrige kar op die foto. Tensy iemand n vuurhoutjie aan die brand steek en in die brandstof tenk in gooi dis al wanneer daardie kar aan die brand kan slaan. Dit is nog goeie karre daardie. Ek stem met jou saam dat daar wel baie motors is wat nuwer modelle is wat aan die brand slaan jys heeltemaal reg ek lees ook gereeld daarvan. Dankie vir jou opinie. My innige simpatie met die naasbestaandes van die oorledenne.

Tandy Lombard ·

Graag sal dit verkies word as di joernalis / te eers met di naasbestaandes praat voor hul ‘n berig plaas. Seker mak va hul feite!!

Elize Ingels ·

Selfde met my seun gebeur nadat hy sy kar gerol het. 3 mans hom uit sy kar gehaal waarna twee voertuie hom getref het en sy dood veroorsaak het..niemand is aangekla nie. . Polisie stel nie belang om verdere indersoek te doen nie.

Scalla ·

Was julle op die toneel, miskien was dit op daardie tydstip die regte besluit met indien enige mediese personeel en of toerusting, sterkte aan naasbestaandes.

Petrus ·

Sal graag wil hoor of al sy besittings wat hy by hom gehad het nog daar is. Sommige van ons land se inwoners doen dit om te steel wat hulle kan voordat iemand opdaag.

Leonc ·

Ek is Donderdag op die hoofweg deur n ander kar gestamp, my voertiug het menige keer gerol.
Toe ek tot stilstand gekom het ,het ek besef ek is ok en dadelik uitgeklim en na die kant van die pad beweeg. Ek kan dit toeskryf aan twee dinge vir my wonderwerk , een my sitplek gordel en
die belangrikste die Here se Englele wat my beskerm het, sterkte aan die naasbestande se familie ons bit vir julle

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.