
Die voorval het omstreeks 20:30 Woensdag gebeur.
ʼn Man is dood nadat hy gisteraand in sy motor teen die stadspoort van die dorpie Utrecht, in KwaZulu-Natal, vasgejaag het.
Die motor waarin Mzwakhe Zwane (35) gery het, het heeltemal uitgebrand. Hy is op die toneel dood.
Die sandsteenstruktuur en grasdak, wat besoekers aan die dorp verwelkom, het ná die ongeluk ook vlam gevat en bykans tot op die grond afgebrand.
Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, het gesê ʼn saak van strafbare manslag word ondersoek.
Sy wou nie reageer op bewerings dat die voorval die gevolg van ʼn straatren was nie.
ʼn Inwoner van Utrecht het aan Maroela Media gesê straatrenne is ʼn algemene verskynsel in dié toeristedorpie en ʼn groot bron van frustrasie vir inwoners.
- Die stadspoort na Utrecht soos dit voor die brand gelyk het. (Foto: Wikipedia)
- Die ingang na die dorp na die ongeluk.
- Die motor het heeltemal uitgebrand.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Ai dis so jammer die mooie ingang is so erg beskadig.Ek hoop sake manne en inwoners van die dorp sal geld bymekaar maak om die ingang weer na sy vorige glorie te laat herbou.
Eers word die dorp gyselaar gehou deurdat stakende munsipale werkers die dorp se watertoevoer afsny en nou word die dorp se ingang verwoes. Dalk is dit ‘n teken dat die houvas van die vrymessellaars op die dorp nou gebreek is. Dalk is voorspoed vir Utrecht nou oppad? Die water toevoer na die dorp is deur die inwoners herstel en oorgeneem. Dalk moet die inwoners ook die beheer van die dorp se ingang oorneem!!
Erwee, jy noem Vrymesselaars. Dit is die grootste vloek wat hierdie nasie getref het en sekerlik is die nuwe Suid Afrika hul toedoen, wat nou ‘n afgrond is. Vreemd genoeg tel ek altyd probleme met Vrymesselaars op, daar is ‘n onvoelbare, Geestelike muur tussen ons.
Alleen protes aksie wat skeef geloop het…. iets is gebrand.
Stel n eis in teen die oorledene se boedel, dit is tragies maar moet verhaal word.