Man sterf ná motor teen wal af rol

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man in sy 70’s is dood en ʼn man in sy 20’s kritiek beseer nadat die voertuig waarin hulle was, by ʼn wal af gerol het op die R56 in Richmond, Pietermaritzburg.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die voertuig op sy dak aangetref sowat 50m teen die wal af. Twee mans is sowat 10m en 20m van die wrak af gevind.

Volgens Meiring is die man in sy 70’s op die toneel dood verklaar. Die tweede man was in ʼn kritieke toestand. Paramedici het hom onmiddellik gestabiliseer voordat hy met ʼn draagbaar na die ambulans langs die pad gedra en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Peet Schabort ·

Sjoe Genis, dis kwaai !?
Maroela, die woord “dood” is weggelaat in paragraaf drie by “op die toneel . . . . . . . verklaar”.

Nico Strydom ·

Dagsê Peet
Dankie vir jou terugvoer, die berig is gewysig.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Lindie Lourens ·

Lees ek verkeerd of is die berig nognie verander soos hierbo beweer nie?

shane ·

Weet jy, daar was eenkeer ‘n visserman in die kaap wat kreef vang en in sy rugsak pak. toe hy huistoe gaan los hy die sak oop. ‘n man stop hom en sê sy rugsak is oop, die kreef gaan uitklim. Die visser sê toe so ewe “moenie worry nie, hierdie is afrikaanse krewe. As een bo uit kom, trek die ander hom af”. Hel mense, ‘n man is dood en julle stry oor ‘n word wat uitgelaat is. As dit dan so maklik is om ‘n koerant te publiseer, doen dit asseblief dan beter. Dit is seker moeilik om die enigste perfekte mense in die wêreld te wees jong.

CHRISTA ·

Hoekom is hulle buite die voertuig gevind? Het hulle nie sitplekgordels aangehad nie?

Lindie Lourens ·

Ag Shane, niemand het baklei nie, ons wou maar net die berig meer leesbaar maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.