Man sterf ná motorfietsongeluk

Paramedici op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn 58-jarige man is Sondag in Johannesburg dood toe hy glo beheer oor sy motorfiets verloor het en in ʼn ongeluk betrokke was.

Volgens Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het die ongeluk omstreeks 09:00 op die N3-snelweg naby die Modderfontein-afrit plaasgevind.

“By paramedici se aankoms op die toneel is die man op sy sy op die grond aangetref. Hy was in ʼn kritieke toestand en alle pogings is aangewend om hom te stabiliseer,” het Van Huyssteen gesê.

Die man is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem, maar het kort ná sy aankoms by die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Die oorsaak van die ongeluk is nie dadelik bekend nie. Owerhede was op die toneel en stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Saarkie ·

Innige simpatie met die familie wat hul geliefde verloor het!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.