Man sterf na ontsnapte leeu hom aanval

Een van Lion Tree Top Lodge se witleeus. Foto: Facebook

Een van Lion Tree Top Lodge se witleeus. Foto: Facebook

ʼn Man wat op ʼn wildsplaas naby Hoedspruit in Limpopo gewerk het, is dood nadat hy en ʼn medewerker deur ʼn leeu aangeval is.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê twee werkers van die Ngama Lodge het Donderdag vuurmaakhout bymekaar gemaak. Justice Qebekhula en sy kollega het terwyl hulle die hout bymekaar gemaak het op ʼn onbekende aantal witleeus, wat glo vroeër uit hul kamp in die aangrensende Lion Tree Top Lodge ontsnap het, afgekom.

Volgens Mojapelo het ʼn leeu Qebekhula bespring en hom begin byt. Sy kollega het klippe na die leeu gegooi en kon uiteindelik daarin slaag om die leeu te verjaag. Qebekhula is per helikopter na die Rob Ferreira-hospitaal gehaas waar hy Maandag aan sy beserings beswyk het. Volgens Mojapelo is Qebekhula se kollega nie beseer nie.

Mojapelo het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek is begin. Hy het gesê daar sal ondersoek ingestel word na wie die eienaars van die leeus is en hoe en wanneer hulle ontsnap het.

Devin Scott, eienaar van Ngama Lodge, het intussen gesê hulle is baie hartseer oor Qebekhula se dood. “Die afgelope paar dae was maar moeilik en die tragedie het ʼn leemte in ons harte gelaat. Dit is moeilik om met ons dagtaak voort te gaan en te weet Justice is nie meer hier nie. Ons sal hom baie mis. Ons wil graag ons innige meegevoel met sy familie en geliefdes betuig wat ʼn baie goeie man verloor het. Justice is dalk weg maar hy sal nooit vergeet word nie.”

Lion Tree Top Lodge het gesê ʼn amptelike verklaring oor die voorval sal binnekort uitgereik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Veiligheid

Ek is toetaal ‘n leek oor leeukampe maar my gesonde verstand sê dat daar ten minste ‘n dubbele omheining moet wees met dubbel hekke wat DAAGLIKS inspekteur behoort te word. So-iets mag net nie gebeur.

Cherokee

Soort van verbaas dat ‘n aggressiewe leeu hom met klippe laat verjaag het. Waarskynlik ‘n jong leeu.

Grammar Nazi's

Wat is dit met die mense wat net spelling raak sien…..lyk vir my baie mense moet afrikaans onnies geword het

Kobus 4e

Op ander nuus kanale sê hulle dat dit mak leeus was, en dat die eienaar elke dag met hulle gaan stap en speel. Volgens hom wou die leeu eerder speel as aanval. Die man dood is aan ander oorsake.

Trots Afrikaans

My familie boer teen die Etosha Panne en daar is gereeld leeus wat deur breek. Dit is deel van die lewe hier soos spinnekoppe en slange. Dit sal darm draadspan en patrollie kos om Kruger Wildtuin so sorgvuldig toe te span soos voorgestel, met of sonder ‘n gesonde verstand. (Met glimlag geskryf) Wat my taal betref, ek is moeg vir mense wat nie eens poog om hul trotse taal en kultuur te verbeter nie. Mense wat eerder “cool” Engelse woorde gebruik as sy eie trotse taal. Mense wat se woordeskat so beperks is dat as hulle nie die sin kan… Lees meer »