Man sterf na ontsnapte leeu hom aanval

Een van Lion Tree Top Lodge se witleeus. Foto: Facebook

Een van Lion Tree Top Lodge se witleeus. Foto: Facebook

ʼn Man wat op ʼn wildsplaas naby Hoedspruit in Limpopo gewerk het, is dood nadat hy en ʼn medewerker deur ʼn leeu aangeval is.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê twee werkers van die Ngama Lodge het Donderdag vuurmaakhout bymekaar gemaak. Justice Qebekhula en sy kollega het terwyl hulle die hout bymekaar gemaak het op ʼn onbekende aantal witleeus, wat glo vroeër uit hul kamp in die aangrensende Lion Tree Top Lodge ontsnap het, afgekom.

Volgens Mojapelo het ʼn leeu Qebekhula bespring en hom begin byt. Sy kollega het klippe na die leeu gegooi en kon uiteindelik daarin slaag om die leeu te verjaag. Qebekhula is per helikopter na die Rob Ferreira-hospitaal gehaas waar hy Maandag aan sy beserings beswyk het. Volgens Mojapelo is Qebekhula se kollega nie beseer nie.

Mojapelo het gesê ʼn geregtelike doodsondersoek is begin. Hy het gesê daar sal ondersoek ingestel word na wie die eienaars van die leeus is en hoe en wanneer hulle ontsnap het.

Devin Scott, eienaar van Ngama Lodge, het intussen gesê hulle is baie hartseer oor Qebekhula se dood. “Die afgelope paar dae was maar moeilik en die tragedie het ʼn leemte in ons harte gelaat. Dit is moeilik om met ons dagtaak voort te gaan en te weet Justice is nie meer hier nie. Ons sal hom baie mis. Ons wil graag ons innige meegevoel met sy familie en geliefdes betuig wat ʼn baie goeie man verloor het. Justice is dalk weg maar hy sal nooit vergeet word nie.”

Lion Tree Top Lodge het gesê ʼn amptelike verklaring oor die voorval sal binnekort uitgereik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Veiligheid ·

Ek is toetaal ‘n leek oor leeukampe maar my gesonde verstand sê dat daar ten minste ‘n dubbele omheining moet wees met dubbel hekke wat DAAGLIKS inspekteur behoort te word. So-iets mag net nie gebeur.

Veiligheid ·

‘Toetaal’ moet wees ’totaal’ of ‘toetentaal’.

Kobus 4e ·

Veiligheid, ‘n inspekteur sal die hekke daagliks inspekteer. Ek is ook ongelukkig iemand wat die goed raak sien, en foute maak, maar besef daar is mense wat nie omgee nie. Party van die kommentare moet ek ‘n paar keer lees, dan verstaan ek nog nie wat die mens eintlik wou sê nie

Cherokee ·

Soort van verbaas dat ‘n aggressiewe leeu hom met klippe laat verjaag het. Waarskynlik ‘n jong leeu.

Grammar Nazi's ·

Wat is dit met die mense wat net spelling raak sien…..lyk vir my baie mense moet afrikaans onnies geword het

Kobus 4e ·

Op ander nuus kanale sê hulle dat dit mak leeus was, en dat die eienaar elke dag met hulle gaan stap en speel. Volgens hom wou die leeu eerder speel as aanval. Die man dood is aan ander oorsake.

Trots Afrikaans ·

My familie boer teen die Etosha Panne en daar is gereeld leeus wat deur breek. Dit is deel van die lewe hier soos spinnekoppe en slange. Dit sal darm draadspan en patrollie kos om Kruger Wildtuin so sorgvuldig toe te span soos voorgestel, met of sonder ‘n gesonde verstand. (Met glimlag geskryf)

Wat my taal betref, ek is moeg vir mense wat nie eens poog om hul trotse taal en kultuur te verbeter nie. Mense wat eerder “cool” Engelse woorde gebruik as sy eie trotse taal. Mense wat se woordeskat so beperks is dat as hulle nie die sin kan vol maak met Engelse woorde nie, hulle dit moet aanvul met vloekwoorde want hul woordeskat laat hulle nie toe om hulself behoorlik uittedruk nie. Dan, as ek my volk se geskiedenis lees en sien wat ‘n volk moes deurmaak om hier te kom, dan druis daar diep binne in my ‘n gloed. Dit is beter dat hulle maar Afrikaans afsê en oorskakel na ‘n ander taal, want as jy jou lyf “joiner” hou en my voorvaders uitverkoop, het dan ten minste die ordentlikheid om dit nie in hulle taal te doen nie.

NS: Hier bo sal ‘n paar taalflaters wees, maar voel vry om my reg te help en sodoende te help in my strewe om my taal suiwer te hou.

Broeder groete

Veiligheid ·

Trots Afrikaans, jy slaan die spyker op die kop. My ‘inspekteur’ het deurgeglip omdat die inspekteur nie genoegsame inspekteerwerk gedoen het (nie). Ek stem saam dat mens nie in ‘n wildtuin leeus soos gevangenEs in ‘n gevangenis kan aanhou maar hierdie is ‘kampe’. Hoe groot is ‘n leeukamp? Ek vra want ek weet nie. Is daar tenminste ‘n minimum grootte? Grote Griet, dalk is my naam nou daarmee heen.

Raymond ·

Ek is jammer om dit te sê , maar daar is nie iets soos ‘n mak Leeu nie ! Nogminder soos enige wilde dier…
Alle sterkte aan die man se familie.

regtig ·

Regtig mense Hoedspruit is leeu wereld.

Elke oggend as ek busstop toe geloop ek moes ek maar seker maak dat ek om en rond my kyk
5 uur in die oggend is dit nog redelik donker daar. Dit is baie hartseer wat gebeur het met hom en sterkte aan die familie.

Maar weereens dit gebeur daar mense.

Magda ·

Volgens die nuus vanoggend is die man die dood asv die beserings nie, maar wel agv ‘n siekte.

Siener van Melbourne ·

Leeus en haaie wat mense byt volg eenvoudig net hul instink. Ek het n kleintjie dood aan mense wat die nodigheid insien om sulke diere dan te jag en van kant te maak. Dis tragies en onnodig om iemand so te verloor maar los maar dier se kind wat net gedoen het wat hy gedink het is reg.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.