Man sterf ná perdebye hom op kleinhoewe steek

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Man in 60’s is dood nadat hy Woensdagmiddag op ʼn kleinhoewe deur perdebye gesteek is.

Volgens Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het die voorval in die Ixopo-omgewing, tussen Kokstad en Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal, plaasgevind.

“Die man is na bewering al voorheen deur ʼn by gesteek en het ʼn hewige allergiese reaksie gehad. Hy het medikasie gekry om by hom te hou ingeval hy weer deur ʼn by gesteek word,” het Botha gesê.

Die man se vrou het die medikasie toegedien nadat hy Woensdag gesteek is, waarna sy ʼn ambulans ontbied het. Sy het haar man in hul voertuig gelaai en met hom na die R612-pad gejaag, waar die ambulans hulle ontmoet het.

“Die man was bewusteloos toe paramedici hom ondersoek het. Hulle het langer as ʼn uur langs die pad probeer om sy lewe te red. Die pogings was egter vrugteloos en hy is dood verklaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Stefanie ·

Tragies… het self ‘n paar jaar terug so voorval beleef…

Jo-anli ·

Baie sterkte aan familie, besef self hoe gevaarlik bysteke is. Self allergies daarvoor.Bid vir julle as familie.

Chris W ·

Bye en veral die groot rooi perdebye is nie’n mens se speelmaat nie!Mens moet GEEN kanse waag met die’ goeters nie!Ons medelye aan die familie van die man wat oorlede is.Dis baie tragies.

pauline ·

My innige simpatie met die familie, raad wat ek het as jy weet waar n aktiewe bye of perdeby nes is bly weg. Die hitte wat ons beleef is iets ysliks, perdebye baie argresief in die hitte 2010 dit self beleef.

Johannes Meintjes ·

Baie jammer oor die skierlike verlies van ‘n geliefde op so ‘n manier. Het met genade deurgetrek en was al self deur groot swerm bye in KZN en ‘n swerm groot rooi perdebye op kleinhoewe in Gauteng toegetakel. in 2014 was ek en werker in die oop veld besig om mielies te plant toe ek wolk bye sien en hoor aankom. Voorsiennigheid het ‘n windvlaag gestuur sodat bye bo-oor ons gewaai is. Die sake is dikwels nie in ons eie beheer nie. Baie sterkte aan familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.