Man sterf na perlemoen-jaagtog

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Persoon wat na bewering perlemoen ter waarde van R3 miljoen vervoer het, is dood nadat ʼn hoëspoed-jaagtog op die N1 noord van Kroonstad, in ‘n motorongeluk geëindig het.

Kgotso Tau, woordvoerder van die Vrystaatse departement van omgewingsake, sê ʼn motor met Swaziland-registrasieplate het Saterdag geweier om by ʼn padblokkade buitekant Kroonstad stil te hou.

“Die Groen Skerpioene het die motor agternagesit en die bestuurder het beheer verloor voor die motor omgeslaan het. Een verdagte is deur paramedici dood verklaar terwyl die ander verdagte in aanhouding is en deur die polisie ondervra word.”

Tau sê perlemoen met ‘n straatwaarde van R3 miljoen is op die toneel gevind.

Die polisie in die Wes-Kaap het intussen ook Saterdag op perlemoen ter waarde van R1 miljoen beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.