Man sterf ná seekoei-aanval

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn 34-jarige man is Sondag dood nadat ʼn seekoei hom by ʼn dam in Limpopo aangeval het terwyl hy visgevang het.

“Dashi Makhuvele (34) was Vrydagmiddag by die Makuleke-dam toe hy aangeval is,” het Macks Lesufi, provinsiale woordvoerder van die departement van gesondheid, Dinsdag gesê. “Hy is ernstig beseer, maar kon vertel wat gebeur het. Hy het egter Sondag aan sy beserings beswyk.”

Makhuvele het tydens ʼn onderhoud aan die Daily Sun gesê die seekoei het hom tydens die aanval aan sy heup en lies gebyt. “Ek het geweet my lewe is in gevaar, en ek het soos ʼn kryger met die dier baklei,” het hy aan die koerant gesê. “Ek het die dier herhaaldelik op sy oë met my vuiste geslaan totdat dit my laat gaan het.”

Makhuvele kon daarin slaag om op droë grond te kom, waar ʼn vriend hom gesien en ʼn ambulans ontbied het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eben ·

Wat het jy daar gesoek as jy geweet het die seekoei wil nie saam speel?

susan ·

Die arm seekoei gaan seker nou gesoek en doodgeskiet word. Diere ly mos altyd deur die onnoselheid van die mensdom

Leeutjie ·

Hy het visgevang Eben. Ek het die gevoel dat ‘n honger maag ‘n mens tot drastiese besluite kan lei. Dis tragies dat so iets moes gebeur en dat mense soms tot die uiterste moet gaan om kos op die tafel te sit.

Nico ·

Ek ken glad nie die agtergrond nie, maar wil ‘n opmerking maak. Wilde diere hoort in wildtuine. Niemand van ons gaan toelaat dat daar leeus in ons strate rondloop nie. Mense en wilde diere kan nie saam leef nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.