Man sterf ná skietery in Pietermaritzburg

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Vrydag in Longmarketstraat in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, geskiet.

“Die man het op die plaveisel gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê. “ʼn Lid van die publiek het hom probeer help. Paramedici het bevind dat die man kritieke beserings opgedoen het.”

Volgens Bodasing was alle pogings van die paramedici tevergeefs. Hy het aan sy beserings beswyk.

Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.