Man sterf na skietery

geweer‘n 52-jarige man is dood en sy kollega is ernstig beseer na ‘n skietvoorval in Springfield in Durban, KwaZulu-Natal.

Luyanda Majija, woordvoerder van ER24, sê die twee mans het by hul werkplek se perseel in Rochdaleweg ingery toe ‘n groep onbekende mans glo op hulle losgebrand het.

Majija sê met paramedici se aankoms op die toneel het die 52-jarige man reeds aan ‘n kopbesering beswyk.

Majija sê die oorledene se 40-jarige kollega is op die toneel behandel vir ‘n wond aan sy been voor hy na die eThekwini-hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.