Man sterf ná soldate hom glo aanrand

(Argieffoto)

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) sal met die polisie saamwerk om ondersoek in te stel na die afsterwe van ʼn man in Alexandra in Johannesburg ná hy glo deur soldate aangerand is.

“Die SANW bevestig ʼn voorval in Alexandra op 11 April 2020 wat daartoe gelei het dat ʼn saak aanhangig gemaak is by die Alexandra-polisiestasie teen die SANW,” het die Weermag Sondag in ʼn verklaring gesê.

“Die SANW sal sy samewerking gee tydens die ondersoek. Die SANW benadruk dat daar van sy lede verwag word om binne die wet op te tree tydens dié moeilike periode terwyl die Covid-19-afsonderingsreëls toegepas word om lewens te red. Enige optrede buite die wet sal nie geduld word nie.”

Volgens mediaberigte ondersoek die polisie die afsterwe van ʼn 40-jarige man wat glo in Alexandra deur soldate aangerand is.

Volgens die SAUK het die bure gesê ʼn groep mense het in hul erf ʼn drankie geniet toe ʼn soldaat wou weet hoekom hulle drink en hoekom hulle nie in hulle huis is nie.

Nog soldate het glo opgedaag en die man is erg aangerand. Toe sy vrou hom later die aand bewusteloos aantref, is ʼn ambulans ontbied. Paramedici het hom dood verklaar en ʼn saak van moord is aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Strandloper ·

Mmmm… Blyk na meedinging met die virus…score moet seker even wees?

Michael 1 ·

Het die ” weermag” nou n vennootskap met covid 19 om mense dood te maak.

Die Wolf ·

Wat soek n klomp mense bymekaar? Ek is nie so seker dat die soldate eerste begin het nie. Provokasie,drank en moontlik die rig van vuurwapen. Dit is algemene kennis dat n klomp dranksugtiges oproerig kan word wanneer die lawaaiwater begin trek. My opinie, gee asb al die feite alvorens die lesers begin kommentaar lewer.

Anel ·

So ek mag nie eers in my tuin sit en kuier saam met my huismense nie! Of braai en ietsie drink wat ek van voorraad het nie! Wie dink die spul is hulle? Ons land is in ‘n polisiestaat verander en die komunis het klaar oor geneem. Hier kom nog baie meer en erge swaar tye.

Die Wolf ·

Ai Tog! Natuurlik mag jy. Moet net nie die hele buurt nooi nie.

Michael 1 ·

Ek het tydens die huisarres nie een “weermag lid gesien nie.

Oubobbejaan ·

Die storie maak nie sin nie. Daar nou al drie verskullende stories in die media. Ons sal nooit die waarheid weet nie. Dalk was daar weer arogansie en geweld teenoor weermag lede. Maar ñ saak het twee kante.

Burgermeester ·

As ek op my eie voorstoep ‘n versnappering wil geniet saam met die mense wat onder my dak woon, wat het dit met die wetstoepassers uit te make? Ons kry ongelukkig nie ‘n volledige prentjie van die gebeure vanuit die bostaande artikel nie, maar hoekom het nog soldate opgedaag? Was hulle ingeroep as versterkings omdat sake begin warm raak het? Of het die bykomende lede ‘n goue geleentheid gesien om hul gesamentlike gesag uit te oefen? Hoe meer daar van jou makkers is, hoe sterker word jy. Ek hoop werklik dat daar ‘n deursigtige ondersoek na die gebeure sal wees.

Die Wolf ·

Ek glo die eerste gedeelte van jou kommentaar is nader aan die waarheid.

Jr ·

Hier gaan ons alweer. Die SA se taxpayer sal moet boet vir dit alweer. Nie ń sent kom uit hulle sakke. Dis hoekom hulle dit doen

Brakkies ·

Dit kom daarvan as jy onbevoegde mense met geen selfrespek aanstel en dan sit jy met n onbeheerbare land…..

Niklaas ·

Drank misbruik maak mens slim, braaf en sterk. Ek reken die soldate was dalks getart en gekoggel. Moontlik nog gedreig ook. Daar is altyd 2 of selfs 3 kante aan ‘n saak

Bushy ·

N saak het altyd 3 kante.
Jou kant.
My kant
En dan die waarheid.

Kobus ·

Wonder hoe die oorgewig en onfikse soldate in regte oorlogsituasie sal vaar,veral as hulle moet vlug vir hulle lewens!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.