Man sterf ná sportnutsvoertuig boom tref, aan die brand slaan

Argieffoto

ʼn Man, vermoedelik in sy 50’s, is dood toe die sportnutsvoertuig waarin hy gery het buite Welkom in die Vrystaat teen ʼn boom gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het Vrydag gesê die ongeluk het Donderdag op die R34-pad sowat 10 km buite Welkom plaasgevind.

“By paramedici se aankoms op die toneel is die voertuig aan die kant van die pad teen ʼn boom aangetref. Die voertuig het ná die trefslag aan die brand geslaan en die brandweer was nog besig om die brand onder bedwang te bring,” het Meiring gesê.

Kort nadat die brand geblus is, het paramedici die man se liggaam binne die voertuig aangetref. “Ongelukkig kon daar niks vir hom gedoen word nie en hy is dood verklaar,” het hy gesê.

Die omstandighede wat tot die ongeluk gelei het, is onbekend en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

IK ·

Dis nou daardie SUV wat bykans tot alles in staat is MITS korrek bestuur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.