Man sterf ná taxi hom stamp

Argieffoto

ʼn Man in sy 30’s is Sondagmiddag dood toe ʼn taxi hom raakgery het.

Annine Siddall, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het naby die kruising van Ontdekkersweg en 10de straat in Delarey in Roodepoort plaasgevind.

“Toe paramedici omstreeks 14:40 by die toneel opdaag het hul die man aangetref waar hy vasgekeer onder ʼn stilstaande voertuig lê,” het Siddall verduidelik.

Daar was niks wat paramedici vir die man kon doen nie en hy is op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek die omstandighede rondom die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.