ʼn Man is Woensdagoggend dood nadat ʼn trein hom in Witpoortjie in Roodepoort, Gauteng getref het.
Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die man was reeds dood toe paramedici en lede van die Krugersdorp-brandweer by die toneel opgedaag het.
“Verdere omstandighede oor die voorval is nog nie beskikbaar nie,” het Steinmann gesê. “Die polisie ondersoek die voorval.”
Die man se ouderdom is nie bekend gemaak nie.