Man sterf ná trein hom tref

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man, vermoedelik in sy 20’s, is Vrydagmiddag dood toe ʼn trein hom in Putfontein, Gauteng, getref het.

“Die voorval het ongeveer 4 km van die N12 Etwatwa-afrit plaasgevind,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Trein-owerhede het ER24 na die toneel ontbied.”

Volgens Meiring het die man op die spoor gelê toe paramedici by die toneel opgedaag het. “Hy het ongelukkig reeds aan sy beserings beswyk. Niks kon meer vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het hy gesê.

Niemand van die goederetrein is tydens die voorval beseer nie.

Plaaslike owerhede stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.