Man sterf ná trein hom tref

Argieffoto

ʼn Man is dood nadat ʼn trein hom Saterdag in Bloemfontein getref het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 16:00 naby Alwynstraat in Gardeniapark plaasgevind.

“By paramedici se aankoms op die toneel is die man in ʼn kritieke toestand langs die treinspoor aangetref,” het Van Huyssteen gesê.

Die man is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem, maar het kort ná sy aankoms by die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Die omstandighede wat tot die voorval gelei het, is onbekend en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Karolis ·

Nie eens die All-Black skrum kan jou so hard tref soos ‘n trein nie.
Mens speel nie op ‘n treinspoor nie.

Eddie ·

Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek, werklik? Geen trein kan van die spoor afklim, iets of iemand tref en dan weer terug op sy spoor klim nie. Spoorlyne is nie n plek vir mense nie.

Oom Kalahari ·

Wie en wat word ondersoek? Die trein drywer kan net sy weergawe in verklaring gee. Bly weg van treine en treinspore, hul doelwit is om te vervoer van punt A na punt B en nie ‘n kleuterskool speel terrein nie. Dalk was die oorledene onder invloed van alkohol of medikasie middels wat twee of drie treine/ spore gesien het terwyl hy die konsertina briekdans gedoen het en hom misgis het met die werklike trein en spoor en die denkbeeldiges wou ontduik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.