Man sterf ná trok se band ontplof

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Vrydagaand dood nadat ʼn vragmotor se band in sy gesig op die R54 naby Fochville ontplof het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man het in ʼn plas bloed langs die vragmotor gelê met hul aankoms op die toneel. Die man het ernstige beserings aan sy kop en bene opgedoen en was in ʼn kritieke toestand.

Volgens Meiring is die man op die toneel behandel voordat hy na die Mediclinic Potchefstroom gehaas is. Hy het in die hospitaal aan sy beserings beswyk.

Meiring het gesê die man het glo die vragmotor se band geruil toe dit ontplof het. Dit het glo tot gevolg gehad dat die velling die man teen die kop getref het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Peet Schabort ·

Wat ‘n ongelukkige voorval. Werklik ‘n fratsongeluk. Die band moes met wrywing teen die padoppervlak ontsettend verhit het. Was die wiel al verwyder of nie?
Let daarop dat daar ‘n skermkas (cage) is by bandehandelaars om tragedies te verhoed met ‘n bandbars wanneer ‘n band gepomp word. Daardie kas word ook teen die vloer EN die muur vasgebout.

danie ·

N fratsongeluk sowaar, ek het al gehoor van bande wat bars, maar die eerste keer dat ek hoor dit het iemand se lewe gekos. Dit is n storie vir die tv program 1000 ways to die.

Peet Schabort ·

Danie, gaan na Youtube en kyk wat kan so ‘n bandbars doen. Daar is al voorheen mense dood of ernstig beseer met hierdie ‘bom’. Die ding word ‘n ordentlike projektiel.

Canned Phantom ·

Danie, ek was eenkeer reg langs ‘n bus toe een van die binneste bande agter ontplof het. Die buitenste band het die vlieënde skrapnel gekeer, maar die skok was so erg dat dit gevoel het of iemand van die kant af in my vasgery het. As die buitenste band langs my gebars het kon ek dalk ook ernstig beseer gewees het deur vlieënde glas.
Sterkte aan die familie.

nelia meyer ·

Hierdie man was FREDDIE WHITLOCK my neef. Bid asseblief vir sy vrou, sy ma en ander familie. Dit is vir hulle `n baie moeilike tyd, Freddie se pa, Freddie snr is twee maande terug oorlede aan `n bysteek.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.