Man sterf ná trok vol mense rol

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

ʼn Man is Maandagoggend dood en minstens 51 mense beseer nadat ʼn vragmotor wat werkers vervoer het in Mpumalanga gerol het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het omstreeks 08:30 op die R536 tussen Sabie en Witrivier plaasgevind.

“Die bestuurder van die vragmotor het beheer oor die voertuig verloor, waarna dit by ʼn steil skuinste langs die pad afgerol het. Die meeste van die werkers wat agter op die vragmotor vervoer is, is uitgeslinger,” het Meiring gesê.

Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die res van die mense het beserings opgedoen wat strek van gering tot ernstig.

Die beseerdes is op die toneel behandel en deur ambulanse van verskeie nooddienste na hospitale in die omgewing geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Karma ·

Is dit dan nie teen die wet om mense op oop vragmotors, bakkies, trailer-sleepwaens ens. te vervoer nie?

Asjas ·

Ek het geen simpatie met hierdie mense meer nie. Hulle doen reeds iets wat teen die wet is dan bestuur hulle nog gevaarlik ook, sonder ligte, sonder flikker ligte, stop net waar hulle wil, gaan op soliede strepe verby, klim net op die pad waar ek en jy teen 120km/h aankom … nes Taxis maar sonder die dak!!

MM ·

Nee wat Karma die pad verkeerswette is net daar vir sekere mense. Verlede week het ‘n trok op die N14 gery met +- 60 mense agter op. Dis wat ek kon getel het, en ek dink daar was meer op en dit was op ‘n oop trok.
Die mense ry in die geelstreep want hulle wil nie in die ry staan met die pad verleggings nie. Donderdag middag het ‘n verkeersbeampte almal wat in die geelstreep gery het boetes gegee. Die een het gewag tot hy weg is toe ry hy verder in die geelstreep, so wat se dit vir jou.

alida ·

Karma natuurlik is dit maar wie in hierdie land steur hulle aan wette?

Sarie ·

Dis sò jammer! Die boere het nie veel van ‘n keuse nie. Hoe anders kry hulle sòveel werkers by byvoorbeeld die lande… Dit was ‘n ongeluk & ongelukke gebeur daagliks!!! Sò ‘n ongeluk veroorsaak nie net hartseer nie, maar ook baie probleme vd werkgewer, asook die bestuurder vd voertuig…

DPJ ·

Dit is algemene praktyk om werker op ‘n trok te vervoer.
Niks daarmee verkeerd nie.
Ons as weermag troepe is male sonder tel on troke vervoer.
Bestuurder moet net opgelei wees as bestuurder

JE ·

Die wet vereis sekere spesifikasies op oop voertuie. Kante moet ten minste 300mm hoog wees vir mense om te sit en ten minste 900mm hoog vir mense om te staan. So dit is wettig. Lees net die wet. Wet 93/96

Ben Prinsloo. ·

Dankie JE. Die huidige wette is mos net vir sekere mense daar. Maar as jy n boer is en so iets gebeur het jy moeilikheid.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.